
arendsoog
liefde-hang in die lug
al waai wind verwoes
strandkoors loop hoog
glimlaggies en drukkies
laat strandtonele flikker
wyl meeu dit fyn beskou
golwe breek in reëlmaat
as bewys van ewigheid
witsproei waai verwoes
met deinende seestrome
wat strate deur baai trek
en poseidon om rotse koes
duinevlug van bruin valkie
wat laag skeer om te lafeer
jag op skarrelende muise
insekte en fisante kuikens
wek kekkelende fisanthen
nuuskierige kraai daarom
vrede hang deinserig in lug
vogstrepe vorm baie hoog
waar vlieënde pasasiers reis
beskou hulle dalk die grond
teen duiselingwekkende tyd
wyl golwe onverpoos breek
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2017 – Kersfeesvieringe projek