Jongste aktiwiteit:

Wolkloos was die hemel (Goud)

Waar winde van waansin nou wemel
het kommerwolke grou stapels gebou
teen die asemsnak blou-blou hemel
wat uitgespan was oor my en jou.

Verslae, sonder bek of binnegoed
staar ons die gespuis agterna
terwyl hulle op ons landsvet voed
en die hemel ook stuk-stuk wegdra

omdat hulle dink hulle is vry
en kan maak en skaak na eie wil
want met ‘n haasbekbyt sál ons regkry
dat geregtigheid stokstyf verstil

solank ons stapper-stoter strompel
botblind deur ontkenning oorrompel.

Neologismes:

kommerwolke – onrustigheid wat broei
asemsnak – mooi/asemrowend
haasbekbyt –  niks aan die saak doen nie
botblind – bot+blind – ontkennend




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed