Jongste aktiwiteit:

Slaap

Slaap
As ek snags
op jou le en wag
soos ‘n minnaar
verlangend, soekend
smagtend dat jy kom…
Gedagtes reis oor verlede heen,
selfpraat, “Hoe kon jy?”
Verwyte- was so dom gewees,
beelde, aanklaerig-onthou tog!
Twyfel oor wat kon wees.
Ontwykend jou vlug,
dartelend, uitlokkerig-kom;
al grypend vang ek jou mis.
Jou flirtasie met my
horlosiesyfers wat aftik
naggeluide wat klank…
In donkerte omhul
liggaam wat roep na jou.
Omrol, rondtol, kombers stoei
tot vroee oggendskemer
huiwerend deurbreek
en lig opsteek.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Rika Gerryts het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak