Sigbare vlees en onsienbare gees (Carpe Diem – “Gryp Die Oomblik” Sonnet)
Die son bestryk verblykte blare goud
in herfs se matte okerkleurigheid
en tussenspasies skaduwees verkoud,
verdwaal in swak-onthou vergetelheid.
Maar vooraand word windstiltetjies ‘n bries
wat geil en dwarrels teen die kranse gier;
die skamelsyfering uit rotse vries
langs witgekalkte nes van lammergier.̀
Wit lê die ryp om bogrondgroei te weer
en roesgevlekte blare te laat sterf
om so die ondergroei te stimuleer
as voedsel vir die plante deur bederf.
Sò moet elk’ sienbare dan ook eers sterf
om die Onsigbaarheerlikheid te erf.
3 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Carpe diem projek
-
Koos Elsum
Die beskrying vd die winter natuur wat vir my oorgaan in menslike gevoel is baie indrukwekkend. Dankie Kommentaar : Ek is geen kenner, geniet net die digkuns aanvaar dus die as my leer proses. Die tweede frase is vir my uit ritme / pas met die tema & kan weggelaat word sal impak vd gedig verhoog
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
'n Lieflike sonnet, Koekekranka. Welgedaan ☺