Herfsman
herfsman, herfsman
vertel my waar kom al jou kleure vandaan
jy inspireer die pad van n kwas op n doek
so ook die van harte wat naarstigtelik soek
jys die aankondiging van n einde
van iemand se siesoen van lyde
maar tog ook van n begin
maak net seker God is ook daarin
herfsman, herfsman
vertel my waar kom al jou kleure vandaan
jou winde het hulle eie rigtings
soms tot tolbos bevindings
jy is bar
jys self soms in die war
heel partykeer droog
vir die ge-oefende oog
herfsman, herfsman
Vertel my waar kom al jou kleure vandaan
wees tog sagkuns
as jy in God se tuin beoefen jou kuns
3 Kommentare
-
-
Koekekranka
"n Baie oorspronklike invalshoek! Wel gedaan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
'n Heel ander weergawe van herfs. Mooi gepen.