Jongste aktiwiteit:

Lopende Gedagtes

Prediker het gekyk en Prediker het geskryf.
Nie lewensfeeverhale nie,
maar oor sy eie uitdagende vrae.
Die lag van n mamma as baba opdaag,
aan die anderkant op dieselfde dag,
vee n pappa sy trane by die kant van n kindergraf, en sug,
Here, wat n droewige dag.

Hoe lank is lank as ek moet sit op n bank,
en as die bordjie se kort,
dis om van trane te stort.
Spoedig kom jy agter dis langer as lank.
Kort is ook lank,
en lank word lewenslank,
in die Hel of in die Hemel,
is jy reg vir n ewigheid lank?
Jy stap in my hart in en toe stap jy weer daaruit,
in die proses skeur jy stukke vleis uit,
dit genees met tyd.
n Geroesde kruiwa en n af handvatsel graaf,
elkeen vertel sy storie oor die lewenstelegraaf.
As jy tyd het om te luister raak jy gou verslaaf.
Hul sal gou vertel hul is nie so braaf.
Geluk en hartseer balanseer,
beslis nie jou keuse,
maar wel n lewensleuse,
ek kan net leer uit hierdie ondervindingsbeurse.
En as Hy op Sy volmaakte tyd,
ons elkeen roep en se dis stoftyd,
beleef rus as Hy red.




My naam is Francois Meyer, getroud met n pragtige vroutjie, Jessica. Ek is n trotse pa van vier seuns. Die kewe is ryk aan kosbare waarhede wat ons gedagtes daagliks vul. Soms het ons die moed om dit op papier neer te pen sodat ander dit kan lees. Hoop jy geniet die lees soos ek dit ook geniet!

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed