Op reis: Dag 5; George (nogsteeds)
Tannie Olla is ingekleur. Haar vel is amper donkerbruin en haar hare net voor swart. Dit is nie al van Tannie Olla wat ingekleur is nie. Haar plat plattelandse Afrikaans gaan haal sy met draaie doer in die ou Kaap. Haar aksent verfraai en verfrommel met sy sêgoed in sy suiwerste mees bedoelde letterlike gebruik. […]
Op reis: Dag 4; George (weer)
Vandag het dit nie gereën nie, maar dit was koud. Ek het laat gelê en nie gaan draf nie want dit is wat kuiers tot 03:00 en gemaklikheid aan ’n mens doen. Die dag was sommer net rustig en gemaklik met ’n middagslapie êrens na ’n vinnige ete by knus klein restaurantjie ingewerk. Nog half […]
Op reis: Dag 3; George
Gisteroggend het ek ontwaak vanuit ’n koper katel. Ek het bietjie gelê maar opgestaan toe ek die son tussen die wolke sien deurkruip. Met my tekkies aan het ek die dorp gaan verken, eers net met ’n stywe stap en toe het ek teen ’n gemaklike pas begin harloop. In dieselfde straat as die gastehuis […]
Op reis: Dag2; Beaufort-Wes
Vandag was lank. Alhoewel die rit minder uitputtend was, is ek vanaand teen die teer —wou selfs al omkap toe ek in die restaurant gesit en smul het aan my lam, slaai en rooiwyn. Dit is die tweede hoofete in ’n ry wat ek ‘n gedeelte van ‘n skaap verorber … ek sal weer môre […]
Gesprek met God
ek sit op die muur om stil te word om na aan natuur te voel om die see te sien die sout op my tong te proe laat die gety oor gebeur en leef kan spoel hier waar werk toe se blou vervang is met grys die skepping het nou n beton randjie om mure […]
Op reis: Dag 1; Boshof
Die eerste aand was lekker. Whiskey in die voortuin … later skaapboud en rooiwyn met groente en aartappels (behalwe niemand het aartappels geëet nie want my boude raak dik daarvan). Die kuier was lekker. Gevul met geskiedenis, vandag se gebeure en voorspellings. Tussendeur maak hulle kind groot en ek gee raad. Ek hoop dit is […]
Op reis: Gepak
Op reis: Gepak My tas is gepak. My kosblik ook. Met ’n paar bottels wyn, crackers en grondboontjiebotter. En ’n paar perkses wat ek perongeluk op die winkel se yskasrak gesien het. Môre vat ek die pad. Dit is nie die eerste keer dat ek in my kar klim en so ver ry nie. Dit […]
Op reis: Beplanning
Oor 8 slapies pak ek my kar. Ek alleen. Dan sal ek agter die stuur inklim en die sleutel draai. Die enjin sal aangaan met sy gewone brul. Die “rat” sal gemaklik van “P” na “R” gly (ja, ek ry ’n outomatiese kar, moenie my judge nie) en dan sal die wiele draai. Ek weet […]
Rooihoedjies en Rooikappies
Veronica is besig om dit te verloor. Sy sit in die middel ry in die minibus, nie eens langs ‘n venster nie, omring deur haar sewe Rooihoedjie vriende. En die massiewe pers rugsakke wat elkeen gekoop het vir hul toer. Miskien sou sy kon gewoond raak aan die klein spasie as die grootste treffers van […]
Klere by die boomwinkel
Klere by die boomwinkel en regterhande In Dar es Salaam is daar nie veel klerewinkels beskikbaar nie, ten minste nie vir damesklere nie, en dié wat daar wel is, is so peperduur dat geen normale mens dit kan bekostig nie. Dis alles goed en wel om op Zanzibar t-hemde te koop wat afdrukke van Kuifie […]