Ingehaal (Goud)
wat eens ‘n dageraad van drome was waar kinders lag en sing en liefde langsaam louter om dié lewens-siele hang het die uurglas in die hussekas sy omdraaihand se tyd verpas en sweef daar nou net engtes in die gang binne-in sy mure brand daar ‘n hougenis van vure omsingel deur die binne-angs van bang […]
Koop nou jou kaartjies!
(Woordtelling 1077) Is daar ooit nog plek vir ’n sirkus in vandag se samelewing of is die doel daarvan dekades gelede reeds uitgedien? Immers is ons enigste vermaak nie meer die staat se Operahuis, spoggerige partytjies waarheen jy jou blinkste uitrusting kan aantrek, of ʼn eindelose geskinder oor ander se doel en late nie. […]
RUS
Ek wil slaap totdat, deur die loom van katoendons-drome, my oë stadig oopsyfer. Ek wil die Jaar in ‘n bondelhoop op die vloer sien lê, net om dan weer om te draai en af te sluit van dit wat skynbaar daar is. Ek wil slaap totdat die ysterkabels in my ingewande losknoop tot soepel en […]
Hooglied liefde (Goud)
liefde het ‘n fyn gestalte biggelbroos soos porselyn breekbaar nes die dun kristal van ‘n glasie vonkelwyn liefde speel sy lentelag oor die skyn van ‘n gelaat strelend soos die môreson ewig bly en nimmer kwaad liefde blom soos mosaïek in die vroeë aand se gloed en soos heuning om ‘n mond maak dit die […]
VERTROUE
Vertroue die woord wat aan die klok hang alfabet gee geen betekenis net klanke wat in ‘n ry staan betekenis in oorlog met jou hart waar pyn en bloed die betekenis gee dis gebreek die vertroue in die koue oorlog dit maak seer dit beteken niks meer dis net seer gebreekte vertroue is ewigheid se […]
Mede Spanning
Gee, wonderlik die vloei van arm gesig na blydskap van selfskuld na vrygewigheid vir altwee is dit ń boetedoening Neem, dan gou uit die voete maak so verleentheid te verdoesel vlietende oë vrees die onvermoë kom die terugbetaaldag Diagnose, dis ń gemeenskaplike siekte die spanning tussen gee en neem welwaart en armoede in […]
Ek is soos jy (goud)
Saans droom ek oor sterre en ‘n sewende hemel om my en jou snags slaap ek op my donker skaduweeloos in my eie hemelruim stok siel alleen bedags maak ek mense na die ek in my en die my in jou want ek is mens net soos ek is. © Mei 2023 Caren Kearley FB: […]
Dit is Manziville Goud 317 woorde
Dit is Manziville Krugersdorp. Waar die mense leef. Lewe. Laat leef. Plakkers en straatbrakke wat hier ‘n tuiste tussen ou motorbande uitsnuffel en die kinders soms honger gaan slaap. Manziville. Die wit plakkerskamp neffens Krugersdorp. Sinkplaathuisies ingeryg soos sardyne in ‘n blikkie. Stofstrate wat tussen plastieksakke en bourommel ‘n pad deur die huisies wurg. Dan […]