Eerste water
Eerste water Wolke loer doer ver oor die horison. Die wind hark hul een vir een nader. Die son skyn asof dit sy laaste is. Sonder genade bring hy sy hitte saam. Die wind gaan lê, die son kruip weg agter donker wolke. Stilte heers, natuur praat hul eie taal. Voëltjies probeer mekaar iets vertel. […]
Peopvol hart
Propvol hart Woorde is so baie, maar te min en klein om altyd te sê. “Dankie” of “Ek is jammer” voel soos woorde wat baie geld kan kos. Tog is dankbaarheid en berou die skoene van geloof. Wou die hart nie maar eerder net klop nie? Nou word hy gevul met lief en leed — […]
Met die knip van ñ oog
Met die knip van ’n oog Môre voel so ver, gister sleep steeds agterna. “Ek wou nog” is woorde om spyt se vlerke te beskryf. Maar dit is te laat, slaan die hamer so gou soos die oog kan knip. ’n Lewe vol geleef en skielik is als verby. Soms kom maak die dood ’n […]
Bed E6 (242 Woorde)
Suster hoor die rubbersole gierts-gierts nader kom oor die spieëlblink hospitaal vloer. Dit is Bed E6 se vrou wat hom kom haal. Sy kom kwaai en ongeduldig tot stilstand langs die bed. Sy blyk…ongeneë te wees om haar man huis toe te neem. Die oom kyk na Suster. Waar is my pampiertjie? Watter papiertjie, Oom? […]
Na waters waar rus is
Na waters waar rus is… Massa water lê sy grens, die magtige Chobe dra ook sy naam van Kwando-rivier. Seekoei en krokodil noem dit hul huis, waterbok en leeu maak hul op sy walle tuis. Tussen mens en dier maak hul ’n lewe hier. Trots dra hy sy kroon, Ongerepte natuurskoon. Elke toeris word dadelik […]
Die beste koppie koffie
Die beste koppie koffie Soggens vroeg begin die dag met koffie op die stoep. Soms met beskuit, of net ’n sigaret. Ek verkies hom swart, sonder suiker. Jy dalk soet en met melk. Die oggend begin, natuur begin praat. Saam sit ek en jy, waardeer ’n bietjie stilte, voor ons saam met die natuur gesels. […]
Ou Boereplaas
Ou Boereplaas Oral oor ons mooie land, van elke hoek tot kant. Spog, plase, met dropperpale en grensdraad, party hoog, ander laag. Elke plaas dra sy naam. Windpompe hier en daar te sien, bees of skaap of selfs net ’n land. Vir volk en nasie sorg jy, op die boer se sweet streef jy. Saam […]
’n Vleiland sneuwel
Na vyftig jaar stap Johan weer op die voetpaadjie wat deur die kranse kronkel tot by die vlei. Daar is ’n opgewondenheid in sy hart. Dit was die mooiste vleiland wat hy nog ooit gesien het, dink hy. Plek-plek was dit oortrek met die pragtigste waterlelies. Naaldekokers soos klein helikoptertjies het heen en weer oor […]