gety
sy woon tussen rakke waar vergete vokale soos voëls rus sy versamel see-sagte sillabes brose breekwoorde – klein fossiele van die tong. dit ruik na branders na ‘n kind wat deur soldate hardloop na ‘n digter wat te vroeg uit die wêreld se sinne verdwyn het dan maak die versamelaar haar hand oop iets met […]
Boesmanbessies spesiaal vir jou
Boesmanbessies spesiaal vir jou Geld het ek eens geproe, die selfde smaak as tabak of alkohol, ‘n smaak wat moeilik los as jy hom eers geproe het. Meer en meer wou ek hê, maar geld het in iemand anders se sak gaan lê. Hande nou vol eelte, vingers voos gewerk, verdien ek nou […]
Die voëlverskrikkers
Die voëlverskrikkers Op ‘n landgoed net buite die dorp eensaam staan ‘n huisie van klip en klei. Hier en daar probeer iets groei, mielies en pampoen, om meer presies te wees. Kolletjies wilde hoender en duiwe sonder pos kom skrop hier alles los. Die kraaie aas die laaste krummels wat die ander voëls sou […]
Raponsie se prins
Raponsie se prins Hy was maar net ‘n gewone boer. Op sy lande het hy gewerk met pik en graaf. Die windpomp het hom voorsien van water om sy oes te seën. Hoog bo in die skuur woon ‘n meisie wie se pa vir die jong kerels gluur. Saans, as die […]
Pleeg
daaglikse gepleegde strofes ruis bo die gewetens gordyn sagte aanhoudende nutteloosheid struktuurlose klanke soos wind om ’n hoek subtiel, onbeskrywende gedagtes wat ruk gepleeg onder verdowende geheuestrome soos kuikenmoord vertolk en vergete verpleeg sonder raadpleeg soms reguit, onverbloem soms verstoke onder droë Vygie blom © Tearlach.
Lank gelede
Lank gelede Drome het gekom en gegaan soos toeka se skepe. Doelgerig, vol planne, pak ons die lewe aan soos ’n skip vol bemanning. Iewers langs die pad vaar ’n droom soos ’n skip op die see. Lewensrotse kelder dikwels ’n droom, soos rotse in die see sonder ’n ligtoring. Soos nie alle skepe ’n […]
Donkie sonder geld
Donkie sonder geld Elke dag werk hy hard. Dra sakke vol hout, soms water, anderkeer die mens. Voor die wa word hy gespan. Moeg of siek, die donkie kry nooit ’n dag om te ontspan. Soms kan dit my so verstom: hierdie dier werk sy bene krom vir net ’n bietjie gras en water in […]
Langpad
Langpad Oor berg en bult, woestyn en sand, loop die pad van eendag iewers heen. By die Weskus het die lewe gaan draai, geglo hier is nou waar die lewe my verraai. Verder aan met die pad lei die rigting na môre se land. Onbekende lê gesaai, soos geel gras sonder reën. Wie sal ooit […]