Nadat ons een was Goud
fragmente van my skeur, torring los vorm ‘n eie entiteit, ‘n eie identiteit waar ons eens gekoppel was – een stroom een hartklop lê die wieg leeg letsel jou bestaan kaartkontoere oor my lyf ©Amanda de Meillon
Skimme
skadu is jy van wat jy was soos ’n skim uit die verlede jou gedagtes, woorde en werke reflekteer ’n ander tydvak, leefwyse elke dag se normaal word dikwels onderbreek soos skim uit die niet skimagtig jou strofes wat jy uiter mitologies van jou verlede vasgepen aan skimme uit jou bakermat kan jy […]
Genadedood
Brons Eutanasie. Genadedood noem hulle dit in die volksmond. Daardie dood waartoe die ontvanger daarvan toestemming gee, wanneer die liggaam deur siekte so afgetakel is dat dit elke dag te pynlik is om te lewe. Daardie toediening van dood wanneer daar geen hoop op beterskap of ‘n sinvolle lewe meer bestaan nie. Daardie dood, wat […]
Nooi van die koffiewinkel
Nooi by die koffiewinkel Wanneer die Koöperasie roep, bere die boere eers die ou velhoed. Beste klere word vir die dorp gedra, want ’n stukkie melktert by Bets se hoek is beslis ’n moet. Daar sit ’n nooi, met min lappies om die lyf getooi. Soos dit ’n heer betaam, bied […]
Jessie en die maan
Jossie en die maan Almal onthou vir Jossie goed, wilde hare, kaalvoetkind, altyd besig om met iets te speel in die wind. Haar pa het neffens hier geboer met Brahmane. Die teetannies het gesê die kind is gepla met die maan. Ons het gedink sy verbeel haar soms sy is ’n haas. […]
Daar waar my Maandag-huisie staan
Daar waar my Maandag-huisie staan Lande werk ken ek goed, skape boer met ’n groot velhoed. Soms, as die windpomp staan en straatkopers diepgeplante pale vir hulself neem, verlang ’n boer na ’n Maandag-huis. Iewers teen die see, dalk sommer ver waar die Grieke woon. Klein houthuis met ’n visstok in […]
Eerste water
Eerste water Wolke loer doer ver oor die horison. Die wind hark hul een vir een nader. Die son skyn asof dit sy laaste is. Sonder genade bring hy sy hitte saam. Die wind gaan lê, die son kruip weg agter donker wolke. Stilte heers, natuur praat hul eie taal. Voëltjies probeer mekaar iets vertel. […]
Peopvol hart
Propvol hart Woorde is so baie, maar te min en klein om altyd te sê. “Dankie” of “Ek is jammer” voel soos woorde wat baie geld kan kos. Tog is dankbaarheid en berou die skoene van geloof. Wou die hart nie maar eerder net klop nie? Nou word hy gevul met lief en leed — […]
Met die knip van ñ oog
Met die knip van ’n oog Môre voel so ver, gister sleep steeds agterna. “Ek wou nog” is woorde om spyt se vlerke te beskryf. Maar dit is te laat, slaan die hamer so gou soos die oog kan knip. ’n Lewe vol geleef en skielik is als verby. Soms kom maak die dood ’n […]