Umgodi
Brons Aan die voet van die Imbombo berge lê die landskap en gemeenskap van Umgodi. Die eens welvarende en boomryke gemeenskap, is 120 jaar gelede gestig, nadat die destydse eienaar van die stuk grond, dit vir landelike ontwikkeling beskikbaar gestel het. Vandag is dit egter die simbool van strukturele en omgewingsaftakeling, nie onaangeraak gelaat deur […]
AS die skoen jou pas
As die skoen jou pas. Vrouens is anders. Ons is net op ‘n heel unieke manier aanmekaar gesit. Niks werk heeltemal soos die oorsproklike model, die man, verwag dit moet werk nie. Ons huil as ons bly is, ons lag soms as ons boos kwaad is. Wanneer ons iets kry, is dit in ons […]
Verspeelde kanse.
Verspeelde kanse Pa was skaars sestig toe hy in ‘n asemnood-oomblik aankondig dat die lang bome van die familiebegrafplaas hom roep. Drie maande later het Vader Tyd die streep getrek. Pa se uurglas was onder vol en bo hol. Die skadus van die lang populiere het in donker vingers sy nuutgegroude graf betas en ek […]
ʼn Stem wat roep in die woestyn
“En hoor jy die magtige dreuning, oor die veld kom dit wyd gesweef. Die lied van ʼn volk se ontwaking wat harte laat sidder en beef”. Hoor jy dit? GLO jy dit? “Dit is die lied van jong Suid-Afrika” – W.J. Erlank. Ons, die kinders van Suid-Afrika, het al van tevore hierdeur gegaan: pogings om […]
POTCHEFSTROOM
Soveel slaggate, soveel herinneringe… Die mees bekende, beroemde en berigte name kom hiervandaan. Sou jy dwarsoor die wêreld hierdie dorp langs die Mooirivier se naam noem, sou dit die heelal verlig met glimlagte gedagtig aan stories, baie stories. Oorsprong van die beste geskiedkundiges, ministers, digters, skrywers, sangers, sportmense en… kuiergatte! Ry jy deur die dorp, […]
GAAN NA DIE MIER…
…en word wys! Die beste lewenslesse leer ons uit die natuur en die verlede. Ek wonder baie en sommer oor alles: wanneer het mense onderklere begin dra? Wanneer het hulle toiletpapier begin gebruik? Waar het hulle dit wat hulle gebruik het gestoor? Wáár, hóé het daai Victoriaanse vroue met die lang wye rokke toilet toe […]
Wat is jóú voorgee?
Van Gholf weet ek niks – boggerol, maar ek hoor altyd hoe mense met hulle voorgee spog. Ek wonder maar net of die voorgee van die voorgee werklik is, of is dit net wat hulle wens dit moet wees? Voorgee is mos ‘pretend’ in Engels?! Die wyse Shakespeare het gesê die wêreld is die verhoog […]
Wyn en sonskyn
Jy ruik, sien, proe, hoor dit. Jou sintuie het ontwaak, want dis die eerste dag van Oktober. Die lug is blouer as gister en al het jy twee weke gelede huis skoon gemaak, ruik jou skoenuitskopplek vars en lekker. Jy hoor die voëltjies vrolik tjirp en jou koffie hier op die stoep proe lekkerder. Omdat […]
DIE TAAL WAT KAALVOET PRAAT (hoofstuk1)
Inleiding Wat hier volg is ’n kursoriese inleiding tot ’n reeks kortverhale van die gesprekke tussen Buks Appelblaar, leier van ’n groep Boesmans in die Kalahari, in die noorde van Botswana en Pieter, wat ek in storievorm verwerk het. Ek pen die gesprekke tussen Buks Appelblaar en Pieter vas, in wat ek noem Boesman-patois-afrikaans. [Uit […]
Meimaand
Wat is dit omtrent Meimaand? Dalk is dit die gekleurde blare wat net so deurmekaar soos my gedagtes oral rondlê vir almal om met hulle stewels oor te loop. Ek vermoed egter dis die koue. Dit kom skrop nes so neffens my hart. Dis maande soos die dat die koue en verandering my laat wonder […]