Jongste aktiwiteit:

ProjekteOktober 2025 – OOP projek

ʼn Parkbankie onder ʼn pers jakarandaboom

Beste INKers

Oktober is ʼn maand van warmer weer en ʼn maand van kleur.

Hierdie maand is ‘n vrye en oop projek sonder voorskrifte en reëls.

Daar is totale vryheid om deel te neem in al die afdelings sonder enige regulasies.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Skryf groete
Projekbestuurder.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE ’N GEDIG IS NIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

tussen aand- en waterblommetjies koringlande en angorabokke  lê my voetspore  en eggo my lag  gekoester deur die Outeniqua en Swartberg  vertroetel in Hottomskloof  geloof geanker in die klinkklare tablo  Van noem-noem, klapperbos en kambro wat onwrikbaar swyend getuig  van opregtheid  en deursettingsvermoë  vir ewig gewortel  in die Klein Karoo    © Retha van Deventer, 31 […]

Daar is ‘n plek…’n land, waar al die ongebore kindertjies woon. In hierdie land is daar net laggies en liefde, dimpels en rosige wangetjies. Hier heers harmonie, vrede en bowenal vreugde en veiligheid. Hierdie plek se naam is Oumaland. Wanneer ‘n baba uit Oumaland geroep word om in die lewe gebore te word, begin daardie […]

Ek vergelyk jou wrintie-waar ons pragtaal, Afrikaans, met die perdeblom…paardebloem…sydissel. In die gange van mooi, lê skoonheid in hoe elke persoon daarna kyk. Vir mý lê die mooi, die prag, die uniekheid van Afrikaans, in die rou eerlikheid van hierdie blommetjie. Verder en nog meer lê dit ook in die geaardheid daarvan. Baie van die eienskappe […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed