deur Pikettie vir Gedigte, Oktober 2025 - OOP projek Share: verwante: reguit draai eer(lik) 31 Oktober 2025 242 gesien 1 Kommentaar 0hou van ek mis myself – (Silwer) wanneer die volmaan boggelrug oor die berge loer en ek geheime gesprekke met ver winkende sterre voer kom lê daar ‘n hunkering na ongekarteerde koőrdinate in my hart wanneer ragfyn grassade in die wind warrel smag ek na die ongebondenheid daarvan vry van voorskrifte vry van voorgee een met die natuur se weë waar rang en herkoms geen verskil maak nie wanneer skulpgruis onbeskaamd hul pêrelflikkers vir die son gooi terwyl branders poog om hul in skuim te verswelg verlang ek daarna om ook my ware kleure te wys en net weer myself te wees © Retha van Deventer, 31 Oktober 2025. Rapporteer inhoud Issue: * Kopiereg inbreuk vuil taal Ongeldige Inhoud Your Name: * Your Email: * Details: * Handig verslag Vorige volgende
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Oktober 2025 – OOP projek