Boskwatryn
Op Bosveldpaadjies, oopgetrap
wil ek weer sorgloos kaalvoet stap –
net een maal nog ‘n hoep-hoep hoor,
saans die as uit koue kole krap
dis wolk en wind wat my bekoor
langs sekelbos het ek my hart verloor,
kanniedood en wildevy
só sal die liefde met ons toor
Elizabeth Kendall ©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Pragtig :-)