Jongste aktiwiteit:

Spatsels

Bloedrooi blom granaatroos langs ons slaapkamer,
deur die oop venster in die kombuis
ruik ek verbleikblom se gisters in oorvloed,
vandag en môre se geur en kleur,
die eerste rose nà ‘n wilde winter
beur na lewe
en in die grasgroen perskeboom
kwetterfluit vrolike vinkies
hul vreugdeliedjies douvoordag-
sou jy nou lag en sing in die hemel
oor die klein vreugdes
wat Hy vir my bring,
my blymaakgoed en troos –
my broos gemoed vol pyn
so sonder jou
net ek en my onthou

Elizabeth Kendall ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed