my kruis
My kruis
ek het vandag
soos ‘n koning op ‘n esel
verkwik deur palmblaar se laaf,
langs my eie pad gaan stap
daar waar die koer van duiwe
hul eie bekoring vind
in hul lied van verlange
nadenkend oor die treurwilger se hang
kom jou beeld aanlokkend
reghoekig deur my lyne
en sny jou vorm fyn
asof ou hout leun na jou kerf
loop my gedagtes
asof spykers kap in my kruis
en lê jy dwars vasgenael
binne die lyding in my
@Anton Kilian
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.