Stilte se boodskap.
Sag vou Stilte haar kleed om my
en wys my die pad van herinneringe
al ligvoets dansend in die mooi van haar kleurvolle kleed
stap ek agter haar aan op hierdie kronkellende pad van onthou
tyd het gestol in hierdie stille uur
toe sy die fluisteringe van gisters diep in my hart kom neerlê
o, hoe vul die hunkerende verlange my swakwordende lyf
hoe salig was my sorgelose kinderdae tog
knipogend draai Stilte stadig terug na my
haar glimlag gevul met geheime vir môre
skielik staan ek met ‘n dankbare hart op hierdie pad
met die besef hoe kosbaar die lewe is.
© Taai Bonthuys
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2021 – Metaforiese projek