Jongste aktiwiteit:

Oneindig vir Ewig

Die digter sê daar is ‘n vrou in elke geur
Maar jy liefste, is dit, en soveel meer
Die grasie van jou jeug, verewig in die lang gras se wuif
Jou ontembare gees, ongebonde soos die sweef van die duif
Die vonkel-glans van die knik van jou oog
Vasgelê in die maan se glans daar hoog
Jou Liefde wat ons soos God se hand omvou
Word verinnig deur jou vriendskap se ewige trou
Die warm vat van jou sagte hand
Soos die nestel teen jou vel van ‘n kosbaar pand
Jou stem dra die bekoring van klasieke musiek
Jou lewe se loop soos die digter se deel van ‘n liriek
Dankie vir herinneringe wat oor dekades strek
Dankie vir wyshede gedeel op die regte tyd, regte plek




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed