die kat is uit die sak (SILVER)
die kat is uit die sak
jy weet daar is ʼn spreekwoord wat sê
jy het vir jou ʼn kat in die sak gekoop nê
nou sien die storie staan verseker so
en ek weet jy sal dit kwalik kan of wil glo
maar die kat in die sak is tuis waar hy lê
heel gemaklik lê die kat in die sak voorwaar
die jaar was vir hom glad nie te swaar
as die sorge hom stadig begin inhaal
besluit hy hy sal maar moet afskaal
en hom tuismaak in die sak sowaar
die kat in die sak is gekoop om die muis
te vang wat hom tuismaak in my huis
maar kat se kind is toe heeltemal te lui
en wil net in die krakerige sak bly
muis weet as die kat weg is, is muis baas
©Marlene Erasmus
30/12/2021
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2021 – Metaforiese projek