Jongste aktiwiteit:

grense (Silwer)

jy het
wééreens die grens
om my persoonlike ruimte
tot op die grond
vernietig
jy het die oorblyfsels teatraal
uit die pad geskop

al dié
eenman-teatertirades
van jou
was telkens
wanneer ek jou wou leer
van perke en van grense

nou rig
ek niks meer op –
g’n lemmetjies, -doring, – of
elektriese heining

ek’t die finále grens
met my toon in die los sand
getrek

Neologisme vir drama(s) in die konteks van hierdie gedig: teatertirades




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed