Jongste aktiwiteit:

Diepte van ons Onthou

Die liefde vir die natuur en alles daarin
Die verlang na die veld, voor die dag begin
Die herroep van kuiers in die majestueuse berg
Die warmte van die lag, die humor van die terg
Die flikker van die sterre in die helder melkweg
Die vind van die bakens, wanneer ons teen rigting verloor veg
Die heimwee na die see, wanneer die hartseer krap
Die gedagtes aan spore wat ons in die sand wil trap

Die vashou aan die verlang na hulle wie se nabyheid ons begeer
Die troetel van hunkeringe wat ons nie wil keer
Die vind van die lig in die swart van die nag
Die beloftes van lewens wat vorentoe wag
Die horison wat wink, soos ‘n spieëlbeeld voor die oë
Die wonderlike wete, al ons drome is in ons vermoë




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed