Jongste aktiwiteit:

Beproewing (Goud)

Beproewing

Herken jy my
wat mense jammerlik laat ly?
Gedink jy kan my omhaal
ontsnap uit dié wrang verhaal?

Kwylend snuif ek op die grond
– die snuffel van ‘n honger hond –
ek sluip deur donker strate
en deur die kamers van jul skuilte.

Ek grou in die greining van sy lyf
breek sy lewenswil, mettertyd
word sy asem my hortend snik
die wasem wat my honger stil.

Ek is die akteur in jou verhaal
my lis is jou beproewing
tot jy, soos hy, na asem snak
van baklei teen hierdie kankerbrak.

Estelle Rubow
10/01/2022




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed