Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: As die gordyn sak

Deur Elize Kruger
Datum gepubliseer: 12 Januarie 2022 Aantal woorde: 80 196 Kere gelees 8

In die voorportaal het ek gestop
vertoef by geraamde gelukkige oomblikke
‘n groteske tafereel van skyn
dis nou of nooit, besef ek
want omdraai
sou beteken
nog ‘n kleedrepetisie
in ‘n nimmereindigende treurspel van stukkende lewens

toe ek die deur agter my toetrek
het ek jou, my hart, en ‘n leeftyd agtergelaat
en terwyl ek wag
op die ontwykende vreugde van vrywees,
gewonder oor die wrang smaak
van seer verlies wat in my keel en oë brand

©️ Elize Kruger
12 Januarie 2022




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 10
Kommentaar telling: 5

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 90 gaste aanlyn

Bydraes – Argief