Drenkeling
Seile in die wind gebol
boeg klief deur bruisende branders
epiese kabaal, loop op koraal
net een drenkeling het die land gehaal
Mensdom plesier gebol
klief bruisend deur die lewe
op pad na ewige verdriet
nog een drenkeling deur genade gered.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2022 – Drama projek