Jongste aktiwiteit:

Ek wens vir jou

Ek wens vir jou ‘n verbode vrug
een uit Oktober (dis mos ons mooiste maand)
vol sap en soet goed
wat wei in kennis en kwaad
‘n rooie wat vrede kan bring soos Jesus;
want mens leef mos net eenmaal

een wat soene kan plant op jou ryp lippe
om te blom elke keer wanneer jou son sak
een wat onversadigbaar saad sal skiet
in die kamers van jou hart
sodat jy jouself ook kan ontsondig
en op die sewende dag rein kan wees

ek wens vir jou ‘n pad sonder slange
deur ‘n tuin van gode en genade
waar bome appels voor jou voete sal laat val
en koeltes oor jou sal laat drup

ja, ek wens vir jou
Poinsettias wat heeljaar sal blom
want ek weet hoe baie jy daarvan hou.

© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed