Net nog een
Verkleukel in lyne vou sy vel,
taai soos onbewerkte leer,
donker verkleur deur die ster van hitte
wat ongenadiglik skroei.
Gekoek en stofbedek staan sy hare
gelos soos toe hy ontwaak,
geen bron van kommer
teen sy stryd na soeke onbekend.
Verskeurde stukke lap, wat klere bied
om te bedek teen koue dae,
fladder los-los om sy taai verdunde liggaam,
eens gespierd en sterk.
Voete, oopgebars en skurf
vertoon kaal en seer
met geboë tone
oortrek met swaar se litdorings.
Opvallend is sy laggende mond,
Maar sielsdood oë,
terwyl hy voorgee om tevrede te wees
met dis maar hoe die lewe is.
Paula Paxton©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.