Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

Digter – leen my jou pen vanaand

Ag digter… gee my tog jou hart en jou pen vanaand…
want myne is leeg en o’ so droog, sonder lied – sonder woord,
leen my jou kennis van skryf sonder tierlantyn,
net die mooi wat die hart kan roer soos dit hoort.

Laat ek tog hierdie bitter en seer brand
hier onder die lamp wat die donker verlig
al voel ek emosioneel gestrand,
laat my lag sonder om moedeloos te sug.

Laat my saam met jou kleur en blom
aan die woord pallet van lief en mooi
sonder om te dwaal en stom
woorde in die wind te strooi.

Laat my groei tussen bundel blaaie
en nie te stagneer tussen stof en vergeet,
uitgelewer aan mensdom kraaie
wat nie voel en jou altyd ontleed.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

11 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed