
Digter – leen my jou pen vanaand
Ag digter… gee my tog jou hart en jou pen vanaand…
want myne is leeg en o’ so droog, sonder lied – sonder woord,
leen my jou kennis van skryf sonder tierlantyn,
net die mooi wat die hart kan roer soos dit hoort.
Laat ek tog hierdie bitter en seer brand
hier onder die lamp wat die donker verlig
al voel ek emosioneel gestrand,
laat my lag sonder om moedeloos te sug.
Laat my saam met jou kleur en blom
aan die woord pallet van lief en mooi
sonder om te dwaal en stom
woorde in die wind te strooi.
Laat my groei tussen bundel blaaie
en nie te stagneer tussen stof en vergeet,
uitgelewer aan mensdom kraaie
wat nie voel en jou altyd ontleed.
11 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Teenstellings projek
-
Evelyn van der Merwe
Laat my groei tussen bundel blaaie en nie te stagneer tussen stof en vergeet, uitgelewer aan mensdom kraaie wat nie voel en jou altyd ontleed. Hou hiervan
-
Koekekranka
Baie goed bedink en aangebied. Duidelik die versugting van 'n potensieelgrootdigter...
-
Manna
Ek hou hiervan-hoor myself uit jou skrywe. Goed gedoen.
-
Manna
Ek hou hiervan. Identifiseer met jou skrywe. Wil so graag dan raak die wooorde werg.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
borrels
Ek hou hiervan.