Insomnia
Ek verdwaal
in wakker
en soek slaap
te vergeefs.
Uil se knip
ontwyk my,
ek hoor
hoe-hoe
hy luister
na my kop
wat raas
en met dag
breek
net fluister
2 Kommentare
-

Evelyn van der Merwe
Stoei menige van ons nie maar met hierdie euwel van aan die slaap raak. Goed gepen.
Lewer Kommentaar
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Teenstellings projek