Jongste aktiwiteit:

Kaalvoetkind in die suide van Afrika

Kaalvoet trap ek my spore in die stof van Suid-Afrika.
Teen maanskyn en rose word daar soms hier blind gestaar.
Ek ontdek die honger en siekte van ander in my dik sny brood,
hoor die weerlose hulpkreet van ma en kind teen gruwelmoord.
Kyk hoe lyk die helde en leierfigure waarna ons moet opsien;
mense wat hul dik snye brood met misdaad en korupsie verdien.
Dinge soos dié maak vooruitsigte vir enige toekoms dood,
maar uit die swartste as groei die groenste hoop:

Iewers in die malligheid is daar iemand wat omgee vir ons land,
mense soos ek en jy met ’n warm oop hand.
Ek, kaalvoetkind in die suide van Afrika,
sal hoop en liefde vir my land in my hart saamdra.




Ek is maar net 'n kaalvoetkind van Namakwaland, verslaaf aan die reuk van ink op papier en honger vir woorde wat siele versadig, of dit nou uit my pen kom of joune.

7 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed