Jongste aktiwiteit:

Fyn lyn

In Ebbe swart wieg die silhouette teen die witlig geëts
op die maat van ’n stormwind wat siele laat bedaar.
Wyl harte aan die oorlog veg om vrede,
klou dwase hande van nou vas aan die verlede.
Die silhouete dans van winter na somer
en verander die nugter in ’n dromer.

En dans ek lomp saam in die middel van hierdie fyn lyn.




Ek is maar net 'n kaalvoetkind van Namakwaland, verslaaf aan die reuk van ink op papier en honger vir woorde wat siele versadig, of dit nou uit my pen kom of joune.

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed