Konkawe gedagtes
Grysgroen oë gluur terug
uit ‘n stil-spieël-refleksie
merk bekende goud-glinster
hoor ‘n skaam, skugter lag
Staar na sagte, skewe strate
deur lewenspotlood geskets
wasem en verberg- vinnig
vodde- flentersiel- venster
Gesamentlik deel hul mee
in vreugde, vrede en smart
as son skerp weerkaats
word hul gevoel getart
Sy eien jou elke gedagte
deel jou grys-grou gewete
onthou toeka- herinnering
van drome reeds vergete
3 Kommentare
-
Somerreën
Besonders geskets.
-
neels
Soos altyd kom Evelyn se prag talent na vore
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
puik gedig!