Troebadoerhart
Troebadoerhart
My huis is nie
meer myne nie maar
ek het al my herinneringe
van lief en leed
in my hart se rugsak gepak
en ‘n troebadoerhart gekry
met nooit weer my eie
gekoesterde stukkie aarde
en baksteen beskutting nie—
Met my liedjies en gedigte in
my hart se rugsak het ek nou
‘n boemelaar en
troebadoerhart en
is aan niks meer
gebonde nie—
Janetta – Helena [Babs]
6 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
Met so 'n goue rugsak het mens nie aardse besittings nodig nie. Mooi gepen.
-
Somerreën
Wat meer wil 'n mens nou hê!! Puik gedig.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
dis pragtig... laat my dink aan die gesegde "Avbob het nie n treiler nie" so ons moet elke ding koester en geniet maar aardse goed moet nooit ons siele besit nie ...