Jongste aktiwiteit:

In sak en as

Genade soek jy sonder ophou,
hoop sluip rond in nag se klou,
liefde is vasgevang in die dou,
die toekoms, onseker en grou.

In jou dwaasheid word jy vertrap,
die menigte sal jou naam uitkrap
en sal jou sonder ophou bly klap,
jy maak van jouself ‘n groot grap.

Jy lag en dans wyl jy ewig vrees,
hart en vlees stry met die gees,
jy staan alleen, bewend, bedees,
volk, waar is jou wil om te wees?

Reik na Hom en Sy Lig sal skyn,
les jou dors, verlos jou van pyn,
laat jou son weereens verskyn,
en die vrees in die nag verdwyn,

31/05/2016 © C. du Plessis




Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed