Veins
Veins
Ons is dikwels sommer net hartseer,
sommer net baie bedroef,
en soos die harlekyn veins
ons maar die glimlag en
poseer soos ‘n model
voor al die oë wat nes
kameralense
op jou gerig is en
verberg die rou hartseer
diep diep binne die donker
kelders van jou hart vanwaar
dit soms so onverhoeds opborrel
en soos ‘n warm lawatraan
oor die wang biggel—
Janetta – Helena ( Babs)©
6 Kommentare
-
-
Amaspoke
Pragtige skrywe
-
Palet
Soms kom seer ongevraagd..wat soos penne in ons harte steek.. hou hiervan
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
ai tannie Babs hierdie gedig praat sommer met my hart... die seerkry-mooi