Jongste aktiwiteit:

Wiskundige gebed

Deernis minus gevoel is gelyk aan bedrog
deernis plus gevoel is gelyk aan wat mog
maar deernis gedeel deur die Golgota-kruis
is die maalsom wat maak dat die Gees deur ons bruis

Ag was ek ‘n hommel of dalk koninggin
kwadraat ek t’rug waar soet heuning begin
want Simson se wortel van krag glo vir my
het hy dubbelhandig van sy God af gekry

Mag nooit ons deernis deur die Gees aangespoor
die skadu van Jesus se saamloop verloor
mag ons swakheid gemaal met liefde van Hom
tot Sy glorie deernis vir ons naaste oop blom




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed