Takke van my hart
Die perfekte oomblik is jy
die stukkies van ek
en die stukkies van ons
en verder hou ek net aan met brand
Uitgekerf op graniet
ek staar weer voor my uit
na die see so onstuimig
nes my hart vol verdriet
‘n Gedeelte van my hart glimlag
sommer so sonder rede
maar soos bome bestaan
gedagtes verbyaan
so gaan die lewe aan
Jy is nie net ‘n gewone mens
jy is deel van my wens
wat soos vuurmaakhout
stukkie vir stukkie versplinter
en ek kry koud
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.