My gantang
My reis het in jou lyf begin
daar waar die tortelwoorde
van jou sagkyk en trekke
van jou mond
omgang plant
in sagte aalmoes-grond.
Minnegedigte sonder tal
word in jou bloed ontgin
want jy’s my einde en
ook weer my nuwe begin;
my mallemeule
wat rondomtalie spin.
Jý ja jy’s die gantang
van my binnekant wat
onbeskroomd maanligstrale
vir my vang om dit met die
donsgeel van ‘n soetdoring
tot ere-kranse
in my hare vleg.
© Anzé Bezuidenhout
2 Kommentare
-

Viooltjie
Baie goed gedoen met hierdie een, Anze. :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Anze met elke werk van jou wat ek lees is dit vir my of daar n voller rypheid in jou werk na vore tree. hierdie werk verdien n staande applous