
Ewige Rots
Ewige Rots
In ons lewens was daar baie figuurlike klippe
van groot betekenis —
Hoe dikwels het ons vir mekaar ‘n klip uit die pad gerol —
Hoe dikwels was die klipharde hart onvergewensgesind
toe dit ‘n hand van vriendskap moes reik —
Hoe dikwels word ‘n mens geteister deur klipharde
kakofoniese musiek en geraas wat ‘n onheilige
gevoel van onbehaaglikheid oor jou laat spoel – – –
Oor klein verskilletjies wil ons mekaar stenig en
ons herhaal ons foute en stamp ons koppe teen
dieselfde klip, hoewel ‘n esel sy kop nie tweemaal
teen dieselfde klip sal stamp nie, maar so skuur
die slypskool van die lewe ons glad soos rivierklippies —
Ons ken die mooiste halfedelgesteentes, en wanneer
‘n vrou se oë die blinkste skitter is wanneer die
blinkste diamantklippie haar ringvinger versier – – –
Maar die belangrikste klip in my lewe
is daardie Ewige Rots
geklief vir my – – –
Janetta – Helena [Babs]©
3 Kommentare
-
-
Koos Elsum
So gooi ons en tref klippe ons soms seer en dan ook met groot genot. Dankie vir die balans gedig Kommentaar : Ek is geen kenner, geniet net die digkuns aanvaar dus die as my leer proses. Ek verstaan nie die gebruik vd - om skeiding in gedig aan te toon nie, gedig sal makliker lees sonder die vir my sonder dat dit gedig skade te doen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie goed Janetta. jy het nou sommer nuwe lewe aan klippe gegee. Slim uitgewerk en oorgedra aan jou leser. Netjiese werk :-)