Wat kyk Mamma?
Ag, ek kyk maar deur die ruite
na die blou lug en die wolke
ek kyk sommer na die bome
en hoe die winde daardeur waai.
Ek kyk weer na die teerpad
en die lamppaal voor die huis
die tuin (wat bietjie droog is)
en na die kiewiet en die kraai.
Ek kyk tot waar die wit sand lê
tot waar die Weskus branders breek.
Ek sien die see en ook die golwe
ek sien die meeue wat daar draai.
Ek sien ‘n malgas vol in vlug
hy vlieg weg, maar kom weer t’rug.
O, sy hart weet waar sy huis is –
dis op die strand by Lambertsbaai.
*
Ag, mamma kyk maar net deur ruite
verby die skans en stof
. . . na buite.
© C. Shaw
6 November 2015
4 Kommentare
-
-

Kiekies
Nog altoos uit stekende gedig!! Kyk net sommer.....
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Og, sommer net mooi,mooi, mooi...