Tango met my
Tango
met my
oor die reëls
van die liefde
dans met my
die genot
van die hart.
Tango
met my
oor jy
my liefhet
dans met my
op die ritme
van ons smart.
Los als agter
en kom
dans met my
Werp jou sorge
tot die dansvloer
van jou eer,
Laat ek jou
die tango
leer.
Tango
met my oor
die lied van ons liefde
oor die noot,
dans met my
my geliefde
op die ritme
dans ons sorge dood.
8 Kommentare
-
-
Anze
Puik!!!!
-
Louie
Gaan sommer nou my vrou gryp vir 'n tango - mooi bewoord
-
Viooltjie
Baie goed gedoen :-)
-
Evelyn van der Merwe
Ek ditto almal hier bo my. Iets besonders. Welgedaan.
-
Kiekies
Ek kon sowaar die Tango-ritme voel deur die gedig! Pragtig man!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
Waow n meesterstuk