Jongste aktiwiteit:

Jou fotokopie

Ek maak van jou ’n fotokopie
so is jy vir my sielsterapie,

Sou ek ’n gedig skryf net vir jou
ons toevou in woorde,
sou jy onthou?

As ek vir jou sê, jy is my adjektief
jy beskryf my
ek is vir jou lief;

Jy is die bloemlesing van my totaal
die staccatonoot
waarin ek verdwaal;

Vertoef ons alreeds op destyds se pad
vol klippe en struikel
al lankal gestap.

Atome was ons‎, die kleinste bepaal
bannelinge van die wêreld
nog fantasie nog verhaal

Die buiteblad van die boek oor my
die “collage” van herinneringe
sal jy vir my bly.

Ek is die dramaturg van ons toneel,
jy die teater
waarin ons die rolle speel.

Jy die finalis van my hart
sonder jou
net beroeringe van smart.

Ek maak van jou ’n fotokopie
so bly jy vir my sielsterapie
bly jy vir my ’n kunsskildery

Daar waar jy hang in my hart se galery.




Ek floreer op n vlak waar woorde en emosie ontmoet, hande vat en net daar en dan die Tango dans. Die lewe gooi soms skerp draaie met n mens, maar as jy aanhou dans skuif dit die fokus op die geskenke wat die lewe bring, nie die wonde nie. Skryf is my passie, daarom is ek hier.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak