Bru-taal
Geboei is ek
hulpeloos met die vat
wat jy vat
hier binne die beknopte
gange van my hart
waar verborge goeters
gegriffel staan
teen die muur wande
van ñ plek
waar die duisternis
se skadu’s soms
die enigste weg bied
na die ingang van my hart
jy gaan selfs verder as dit
skeur deur
na waar ek broos
sit en wegkruip
jy weet
daar waar jou siel
se kleur skakerings
tot insig kom
daardie plek waar
die pretensies
geen landing het nie
daar kry ek jou
waar jy
die nate van alles
wat my bymekaar hou
oopskeur
brutaal
ongevraagd
is jy
en ek bloei
sonder ophou
vir jou in
Afrikaans.
Chantelle Holder
09 Maart 2016
© 2016
7 Kommentare
-
Ch Nel Venter
Baie goed geskryf
-
neels claasen
Diep werk met n diep betekenis
-
Louie
Stem saam met Neels
-
Anria
Die beste van jou werk OOIT ! ! Fantasties en vol diep wegkruip-heimwee, verlange en seer. PRAGTIG. Soooo trots op jou.
-
Viooltjie
Ek het nog nie so baie van jou werk gelees nie, maar hierdie is werklik baie goed. Ek stem dus saam met Anria, want ek weet sy ken jou werk :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
Voortreflik beskrywend gepen.