Al sou dit
Al verdor diep rivierlope
en Moeder oseaan verdamp
al sak die son skielik in suide
woestyne word woeste oases
Al draai sonneblomme na die maan
en eendaglelies blom deur die jaar
al sing seemeeue luidkeels opera
as krieke begin in damme baljaar
Al vang visvanger gif skerpioene
watervalle druis met sitrussap
al kuier die valk by muis se kind
sou seevisse begin spore te trap
Sal ek nederig tog stil getrou
vasklou aan Hom wat daagliks sorg
vir slegs genoeg om van te leef
laat elke Christen dan daarna streef
6 Kommentare
-
-
neels claasen
Evelyn ek bemerk n pragtige nuwe rypheid in jou werk
-
Louie
"Sal ek nederig tog stil getrou vasklou aan Hom wat daagliks sorg vir slegs genoeg om van te leef laat elke Christen dan daarna streef" ... som hierdie pragtige gedig op
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
borrels
Pragtige natuurbeelde