Ek onthou hoe vieslik jy gelyk het, ook hoe vieslik jy was.
Soms
uit die bloute,
dan
kom maak jou reuk
weer by my ’n draai.
Soms
sien ek die prentjie
van jou verslonsde lyf
wat voor my staan.
Ek onthou
hoe jou klere geskeur was
jou bebloede oë
die mengsels drank in jou asem
jou stem
het gestink
jou vel
het geblink
jou woorde
was hard
jou mond
het geglimlag
soos jy die woorde vorm
“vandag gaan jy vrek”
en ek
die gek
het jou geglo
en was bang
maar
die mes in jou hand was daar
en ek was naar
en jy
het gemik en gegooi.
(Gelukkig vir my
was jy
baie dronk
en kon nie mik nie.)
6 Kommentare
-
Somerreën
Gelukkig want wat sal ek tog sonder jou doen.... ♥ Uitstekende gedig vriendin.
-
borrels
Sjoe, dis hard en hartseer en goed geskryf.
-
neels claasen
Dis erg anria
-
Viooltjie
Nare herinnerings, Anria. baie goed tot lewe gebring :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
Sjoe hierdie moes 'n vreesaanjaende episode gewees het. Knap beskrywings gebruik.