Jongste aktiwiteit:

Verlange na Jou

Dis nou nege jaar terug
en dit voel soos gister
wat ons by mammie se
graf gestaan het.

Ek onthou nog hoe ‘n
snik deur my hart geruk het
toe die mooi kis met jou
menswees daarin wegsink in die grond.

En ek hoor Juanita du Plessis
se stem “Ek is nou in die Hemel”
en ek besef die groet van ‘n soen
is vir ons nie meer beskore

Daar was baie mense, want mammie
was so baie gewild by baie
Jou glimlag en jou liefde
was kenmerkend by almal

Vandag 2 Maart sou jy regstaan
met koek en tee, want dit was ma
se verjaarsdag, vandag sou dit jou
79 ste jaar gewees het.

En ek onthou nog, die laaste
verrassingskaartjie wat ek gaan
uitdeel het vir jou 70ste
verjaarsdag verrassingspartytjie.

Maar God se verrassing was
groter as ons kinders sin
Want daardie selfde aand kom
ons op die seerste seer af.

Jesus het Mammie kom haal
net so ongegroet, en alleen
en huil ek baie dae nog
stilweg oor twee aande voor dit.

Ons het gekuier, maar iets was
nie pluis, jy wou uit my kersfees
koppetjies nog koffie drink en ek se
daar gaan nog baie dae wees om daaruit te drink

Min wetend dit was jou laaste wens
saam met my, jou geskenkie altoos
nog nooit gebruik nie, veilig in kas
bewaar ek hule, want jou laaste wens onvervul.

Saggies en alleen het jy heengegaan
maar hier diep in ons harte het ‘n
prag van ‘n mens, ons mammie,
‘n merk gelaat, van liefde vir mekaar.




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

9 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Rika Gerryts het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak