In ‘n hartseer land
In ‘n land van melk en heuning
doof klank van Magtige dreuning
daar om pot van putupap en wors
vrek ‘n nasie van honger en dors
In ‘n land van snuifgom en tik
ontbreek dissipline – ouers verstik
langs die lieflik sprankel fonteine
borrel suurwater – afval deur myne
In ‘n land van osstert potjiekos
word wesies honger op straat gelos
onder die hoepel van reënboogkleur
hamer swartdood teen elke deur
In ‘n land van kultuur en taal
sinlose snelskrif getik met nael
diep in die landerye groengeil
staan Boere by banke en huil
In ‘n land van lowergroen plantasie
verwoes in vuur van hierdie nasie
spook en spartel suurstofryk’ lug
dikbril professore staan net terug
In ‘n land van kerslig, paraffien
wil kragreus bedanking indien
eens vrysweef stuifmeelbelaai bye
dood ‘n osoon met gifkan spreie
In ‘n land van woeker en swoeg
seevier korrupsie-nou toegespoeg
staan jy dan nog trots en kordaat
of hande af deur enkel mandaat
In ‘n land van speel op straat
pronk daar nou lemmetjiesdraad
waar eens was- oorvloed en seën
staan knielende volk nou en ween
In ‘n land vol Christen geloof
word God’s genade uitgedoof
instede van bymekaar staan
treur ieder nou sy eie traan
6 Kommentare
-
neels claasen
Jy is so reg Evelyn. Hierdie folk will nie hoor of sien nie
-
Somerreën
Sjoe, die gedig is "powerful".... As 'n land maar net wil terugkeer na God....sal alles beter wees, maar ons mensdom speel so liefs god.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Louie
Hier het jy die spyker op sy kop geslaan: In ‘n land vol Christen geloof word God’s genade uitgedoof instead van bymekaar staan treur ieder nou sy eie traan Regtig geniet