KAKIEBOS VERLANGE
Krul die vingers van ‘n vergete dag gebroke
oor die randjie van my hart
vlam die reuk van kakiebosse
gestrand in los Karoo sande
in die grasveld van my hart weer op.
Eggo die weerga van die donderweer
oor die leë vlaktes
waar die soet reën wegkruip
leen die wit melktand wolkies my plas druppels
om te bêre in my hart.
Breek die dag deur die wortel ankers van die nag
gooi die nag sy laaste flikflooi dolos klippe
om die dag te keer
waar die kakiebosse wagsit vir die nuwe dag se lag
…In die skadu’s van verlange
breek nog ‘n dag in stukkies op
omvou in kakiebos se soet bitter lag,
terwyl ‘n moeder hen
haar krosie huis toe roep
en die honde op die voorstoep
tong klap tekens uitblaf
en kakiebosse gestrand lê in blompotte op ‘n voorstoep
met uitnodigings vir ‘n dans in die Karoo se sandkorrels
waar ander gestrande kakiebosse lê en wag
3 Kommentare
-
-
neels claasen
Ek stem saam met evelyn
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
Jy besit 'n uitmuntende manier om die natuur tot op ons voorstoepe te katrol. Hou baie hiervan.