INK(LOOS)
waar waterbronwoorde ontbreek
en dennebosse doringsteek –
‘n digter ook wil verdwyn
in eie drieankerbaai-see…
sal strome van hoop
branderbrekend spoel
om weereens die woorde
uit ‘n pen te voél
soms moet ek net
één druppel ink
op jou lippe proe
© Francois Meyer
8 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
Besonders gepen. Knap gedaan.
-
Viooltjie
Goeie vers, Francois :-)
-
GEDAGTES
Hierdie besonderse emosie is gebore uit n besonderse hoek van jou hart, wat skree om meer ontgun te word. n Knap gedig en besonders verwoord. Ek lees dit oor en oor.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anria
Dis vreeslik mooi geskryf. Ek VOEL die woorde.