Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Jou vel was sag maar jou baard was hard.

Deur Anria
Datum gepubliseer: 10 Maart 2016 Aantal woorde: 54 989 Kere gelees 16

Ek het gisteraand van jou gedroom

na amper tien jaar
het ons ontmoet

daar was ’n kampvuur
en ’n rivier
daar was maanlig
en naggeluide
jou skouer was welkom
en daar was eelte
aan die binnekant van jou hand

en soos ek oor jou wang gestreel het
het ek besef hoeveel ek daarna verlang.




TEMAS
6 Kommentaar
  1. Desiréé

    10 Maart 2016

    Mooi Anria … ek hou baie hiervan!

  2. Anria

    10 Maart 2016

    Dankie borrels ♥

  3. Kiekies

    10 Maart 2016

    Ai mens dis So pragtig en gelyk so dem seer!

  4. Viooltjie

    10 Maart 2016

    Baie goed, Anria 🙂

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 59
Kommentaar telling: 76

Anria Breed is gebore in 1983 en woon tans in Brits. Sy het ’n Nasionale Sertifikaat N6 - Bestuursassistent Diploma met Besigheidsafrikaans. Haar kortverhaal, Die ou Beetle, het die aanlyn Vrouekeur kompetisie gewen in Februarie 2015. In Julie 2015 is drie van haar gedigte gepubliseer in Brose Genade, ’n bundel vir kanker-vegters. Sy het haar debuut digbundel, Volg net die Skoenlappers, in Augustus 2015 gepubliseer. In Januarie 2017 is een van haar gedigte in ’n Nederlandse tydskrif gepubliseer ter ere van die stigting van die nuwe gemeente, Meierijstad in Nederland. In Mei 2017 is haar gedig, Die mooi van die donker, gepubliseer in die digbundel Inkspraak.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 225 gaste aanlyn

Bydraes – Argief