Jongste aktiwiteit:

Brief aan my kroos

Wanneer die kersvlam
flikkerend verflou
sal jul o sal jul
my dierbare kroos
die omgee en liefde
van jul mamma onthou

Soos donderweer dreun
weet ek was ook bang
maar dis net Liewe Jesus
wat Sy reëndruppels vang
so wees dan nooit bevrees
kyk ek sal in die wolke wees

As jul voor ‘n kruispad staan
moet jul op jul knieë gaan
korrekte weg sal Hy aanwys
sou dit in Sy raadsplan wees
lê slegs geduld aan die dag
dis reeds op Sy kaart ingelees

Wanneer lysie kruip oor die gras
loer net ‘n bietjie in daai kas
al wat sy vra is ‘n krummel of twee
om dit aan haar kroos te loop gee
gewaar my in haar blydskap huppel
vergete is hartseer en die gesukkel

Reëls van lewe sal skeef-skeef draai
want wat ons saai dit sal ons maai
bo aan die lys moet paraatheid wees
Ieder en elk ontwaak met eie vrees
hou dan voet by stuk met Sy Woord
dan verdwyn vyand ver oorboord

As masjiene my liggaam moet beheer
groot seblief moet jul summier keer
met alles hier het ek vir jul baklei
my plekkie is reeds Daar voorberei
ek hou jul styf teen my hart-weet dit
eendag sal jul weer op my skoot kom sit




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

14 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed